Dichters op Dinsdag

Hoe onpersoonlik is ‘n woordeboek!
Ek het na ‘liefde’ onder ‘l’ gesoek
en afgekom op ‘warme toegeneentheid’ -
(hul noem daar nie die plek of die geleentheid),
‘gevoel van toegedaanheid teenoor iemand,
persoon of iets’ – (ook daar vermeld hul niemand) –
‘opofferingsgesindheid’ en dies meer,
‘opregtheid’ en ‘gehegtheid’, elke keer
die dom naïewe uitleg sonder hart
in stringe dooie woorde, strak en swart.

Ek het die woordjie ‘liefde’ nageslaan
en nêrens, nêrens het jou naam gestaan.

- Vincent van der Westhuizen, Woordeboek

2 thoughts on “Dichters op Dinsdag

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>